PSALMS 71:14-16 AFR83
[14] Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof. [15] Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel. [16] Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen.
https://bible.com/bible/6/psa.71.14-16.AFR83
