SPREUKE 11:1-3 AFR83
[1] Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg. [2] Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid. [3] Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.
https://bible.com/bible/6/pro.11.1-3.AFR83
