Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as die van die aardse liggame. Die glans van die son is anders as die van die maan of die van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van die van ander. 42-So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word is verganklik, en word in onverganklikheid opgewek.
