New PostJESAJA 44:6-8 AFR83 [6] So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie. [7] Wie soos Ek is, laat hom dit sê, laat hom sy saak stel en dit aan My voorlê; laat hom ‘n verklaring gee van wat gebeur het vandat Ek my volk lank gelede gemaak het en ook van wat sal gebeur; laat hy vertel van die dinge wat kom. [8] Moenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle gesê nie? Julle is my getuies: is daar ‘n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie. https://bible.com/bible/6/isa.44.6-8.AFR83